Op pad 5

Blye Versekering vir 23 Aug. 2019 Tema: : Op pad 5
**** My eie woorde
**** Ek dink ons almal beleef, dat jy deesdae jou oë op die pad moet hou. In stedelike gebiede loop beeste en wei. Dan die voetgangers oor ‘n snelweg. Laastens maar nie die minste nie, die slaggate. Ons het sélf al ‘n paar bande so verloor, veral wanneer dit reën, of as daar skadukolle op die donker teerpad is, kan jy maklik so gat tref. So ook in ons geestelike lewe.

Spr. 4:25 Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. V26 Baken jou koers af, dan sal jy seker wees van elke tree. V27 Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.

**** Verder onthou indien jy beweeg beteken dit nie jy beweeg in die regte rigting volgens God se wil nie. Wat is dan die verkeerde koers in ons geestelike lewe ?

Heb.12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof, wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

**** Jesus is die Een wat ons geestelike pap bande weer regmaak, wat die beeste wat jou geestelike lewe wil plattrap, nie altyd keer nie, maar Hy tel jou stukke op en maak weer heel. Jesus verlig die donker kolle op jou geestelike pad, sodat jy betyds kan uitswaai en die slaggate wat jou wil laat struikel kan vermy. Daarom moet ons luister

Jes.30:21 en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.
Sag 10 V12 Ek, die Here, sal by my volk wees en hulle sterk maak. Hulle sal in My Naam voortgaan. Die Here het dit gesê.
GEBED vir VANDAG E
Onse Vader, baie dankie vir daardie versekering U SAL by ons wees en ons sterk maak en dat ons in U Naam KAN voortgaan Hou ons elkeen op die regte pad gefokus op Jesus Christus die voleinder van ons geloof. Ek bid vandag vir elkeen op hierdie poslys onder die letter E. Moontlik het hulle ‘n slaggat in hulle geestelike lewe getref, of iemand het hulle platgetrap en hulle spartel om weer op te staan. Wil U hulle optel en weer laat koers kry. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en naweek vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 10 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *