SOET PATATS:

Anna Eksteen

Bestanddele
1kg patats
125ml heuning
60g botter
knippie sout
80ml water

Voorverhit die oond tot 200C. Smeer ‘n oondpan met ‘n lagie botter. Kook patats in skilletjies in soutwater tot net sag. Skil af sodra effens afgekoel en sny in skywe. Verhit heuning, botter, sout en water saam oor matige hitte. Plaas patatskywe in lae in bereide oondbak met ‘n lagie heuningsous tussen elke lagie. Skep orige sous bo-oor. Bak in oond vir sowat 30 minute tot sous deur patats getrek het en glansend lyk. Lewer 6-8 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 170 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *