Woumarie
Foto en Resep RSG
Bestanddele
1½ kg stowe skaap of beesvleis
2 uie, opgekap
1 kg tamaties, opgekap
1 pakkie stampielies
500g suikerbone
1 liter water
1 pakkie beesstertpoeiersop
2 ml tiemie
2 ml roosmaryn
sout
METODE
Week die bone en stampmielies oornag in water. Kook ongeveer 2 ure tot sag. Dreineer. Voeg een liter water by en kook saam met pakkie sop vir 15 minute. Braai uie en voeg vleis by en braai tot bruin. Voeg kruie en tamaties by. Sodra bone klaar gekook is met soppoeier, voeg dit by die vleis en prut saam vir 20 minute. Bedien met Worcestersous en swartpeper.
(Visited 220 times, 1 visits today)
Advertisements