Twyfel jy? 4

Blye Versekering vir 1 Augustus 2019 Tema: Twyfel jy? 4
**** My eie woorde
**** Jakobus sê wanneer ons twyfel is ons soos ’n golf van die see wat met elke wind voortgesweep word. Elke probleem, elke moeilikheid, elke krisis, slaan ons onderstebo. Twyfel is ongeloof. Twyfel sê Jesus kan my nie deur hierdie storm kan dra nie. …..Julle ken die liedjie wat sê.. “ Twyfel nie meer vertrou die Heer”. Dis wat tel.
Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos ‘n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word.
**** Waarom slaan die goed ons plat?. Hoor die HERE dan nie ons gebede nie? Bid ons dalk verkeerd? Onthou Jesus het nie gekom om ons net brood te gee nie, Hy wil die Brood wees. Hy het nie gekom om elke begeerte en gebed te vervul nie, maar om ons begeertes en gebede te verander vir die hiernamaals. Alles hier sal vergaan, maar Hy kyk na die ewighei. Kan ek en jy vandag opreg sê: “HERE laat U wil geskied?”
GEBED vir VANDAG i
Onse Vader buiten dat ons twyfel en dan rondgeslinger word, help ons om te glo in U, omdat U weet wat vorentoe wag. Ons sien net ons ou kolletjie, U sien die heelal tot in alle ewigheid. As U wil, kan U in hierdie oomblik dinge verander, maar dan verloor U dalk ons siele vir U ewige Koninkryk. Baie dankie dat ons weet U maak nie foute nie. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter i begin. Help hulle vandag om die las te dra met blymoedigheid wat U vra, en om staande te bly teen die aanslae van die bose. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 49 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *