Verlore en gevind 1

Blye Versekering vir 12 Aug. 2019 Tema: Verlore en gevind 1
**** My eie woorde
**** As ek vanoggend se gedeelte in my eie woorde kan weergee. Die uitgeworpenes van die samelewing het die gewoonte gehad om na Jesus te gaan luister en die kerkmense en geleerdes het gekla daaroor.
Luk 15:1 En al die tollenaars en sondaars het die gewoonte gehad om na Hom te kom en na Hom te luister. 2 En die Fariseërs en die skrifgeleerdes het baie gemurmureer en gesê: Hierdie man ontvang sondaars en eet saam met hulle.
**** Dan sien ons weereens die wysheid en liefde van Jesus. Hy vertel ‘n gelykenis en dit is sy taktvolle benadering van liefde deur Sy hele lewe op aarde. Daarmee bestraf hy die selfvoldaanheid van die Fariseërs en bemoedig die ellendiges. Miskien voel jy ellendig vanoggend dan is hierdie woord ook vir jou.
Luk 15:3 Toe vertel Jesus vir hulle hierdie gelykenis: 4 “Sê nou een van julle het honderd skape en een van hulle raak weg. Wat doen hy dan? Hy laat die nege en negentig in die veld staan en gaan agter die een aan wat weg is, totdat hy hom kry. 5 En as hy hom kry, is hy bly en tel hom op sy skouers. 6 As hy by die huis kom, roep hy sy vriende en bure bymekaar en sê vir hulle: ‘Wees saam met my bly, want ek het my skaap wat weg was, weer gekry.’ 7 Ek sê vir julle: Net so sal daar ook in die hemel blydskap wees oor een sondaar wat hom bekeer, eerder as oor nege en negentig mense wat reg doen en nie bekering nodig het nie.”
****Ervaar jy dalk vandag dat jy daardie skapie is wat weggedwaal het. Jesus sê Hy soek jou. Hy sal jou nie los nie en die dag as jy na Hom terugdraai kom die engele bymekaar en jubel oor jou.
Eseg 34:11 Want so sê die Here HERE: Kyk, hier is Ek, en Ek sal na my skape vra en vir hulle sorg. 12 Soos ‘n herder vir sy trop skape sorg op die dag as hy onder sy verspreide skape is, so sal Ek vir my skape sorg; en Ek sal hulle red uit al die plekke waarheen hulle verstrooi is, op die dag van wolke en donkerheid.
GEBED vir VANDAG O-P
Onse Vader wat in die hemel woon Heerser van die heelal ons aanbid U. Vader vanoggend vra U waar is my skape? U los almal wat selfvoldaan en regverdig is en u soek daardie ene wat moed opgegee het, wat twyfel en wat ervaar niemand gee tog om nie. Wil U hulle vanoggend optel en op U skouer huis toe dra. Ek bid vanoggend vir almal onder die letter O en P Vir my is dit dalk net ‘n letter maar U ken hulle naam wanneer hulle hier lees. Omstraal hulle met die lig van U teenwoordigheid en laat U wil in hulle en ons lewens geskied vandag. In Jesus se Naam. Amen.\
Geseënde dag en week vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *