Verlore en gevind 2

Blye Versekering vir 13 Aug. 2019 Tema: Verlore en gevind 2
**** My eie woorde
**** Die volgende gelykenis wat Christus vertel, handel oor die verlore geldstuk.
Luk 15:8 “Of watter vrou wat tien silwermuntstukke het en een raak weg, steek nie ‘n lamp op en vee die huis uit en soek sorgvuldig totdat sy dit kry nie? 9 En as sy dit kry, roep sy haar vriendinne en buurvroue bymekaar en sê: ‘Wees saam met my bly, want ek het my geld wat weggeraak het, weer gekry.’ 10 Ek sê vir julle: Net so is daar blydskap onder die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.”
**** Uit bogenoemde sien ons dat die geldstuk in die huis verlore raak. Die skaap het weggedwaal van die trop, maar die muntstuk het geval en iewers bly lê. Die muntstuk het waarskynlik die Keiser van daardie tyd se gesig op gehad. Die muntstuk het ook waarde gehad, maar waar dit alleen in ‘n donker hoekie gelê het, toe onder die stof was dit waardeloos. Kom ons veronderstel die vrou verteenwoordig jou huis of jou kerk. Jy is daarbinne en jy het waarde, want jy het die beeld van die Skepper op jou. Dan val jy en jy lê iewers in die stof van sonde. Jy is nog in die kerk of in jou huis, maar jy weet nie eers dat jy verlore is nie. Net soos daardie vrou soek, so soek die HERE na Sy kinders wat na Sy beeld gevorm is. Weereens die moeite wat Hy doen om by sondaars uit te kom en dan die blydskap van die vrou stel Hom voor waar die hemel saam juig wanneer een gevind word.
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in Sy Naam glo;
GEBED vir VANDAG Q-R
Onse Vader wat in die hemel woon, baie dankie dat U juis U Seun gestuur het, om diegene wat in die stof van sonde lê te kom soek en vind. Vanoggend is daar dalk iemand wat nie eers weet dat hulle verlore is nie, omdat hulle oë verblind is deur die bose. Ek bid haal vandag die skille van hulle oë af en raak hulle aan. Ek bid vanoggend vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter Q en R begin. Ek vra spesiaal ‘n kragtige invulling van U Heilige Gees, dat hulle kragtige instrumente in U diens mag wees. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag aan elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 13 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *