Verlore en Gevind 4

Blye Versekering vir 15 Aug. 2019 Tema: Verlore en Gevind 4

Verlore Seun Deel 2

**** My eie woorde

**** Sy aankoms. Onthou hierdie seun kom uit ‘n varkhok waar hy varke opgepas het. Al sy geld en mooi klere is weg. Tog, toe hy die besluit geneem het, sê die woord het hy “sonder versuim” na sy Pa gegaan.  Dit is dan die boodskap vir ons, wanneer jy besluit om weg te draai van waar jy was, doen dit sonder uitstel.

Luk 15:20  En hy het sonder versuim na sy pa toe teruggegaan. Toe hy nog ver aankom, het sy pa hom al gesien en hom innig jammer gekry. Hy hardloop hom tegemoet, omhels hom en soen hom.

**** Kyk na die Pa se optrede. Hy sien hom daar vêr aankom, so in sy hart het hy nog altyd gewag. Toe sy Pa sy ellendige voorkoms sien, is daar nie verwyte nie, net innige jammerte.  Sy Pa hardloop hom tegemoet en omhels hom. Jy sien as ek en jy vuil van sonde omdraai en na die HERE toegaan, wag Hy al lankal reeds vir ons. Dan die boodskap aan ouers as jou kind in opregte berou terugdraai, vergewe en wees net daar vir jou kind. Dan die boodskap aan kinders en jongmense wat in die varkhok van sonde sit. Staan op en gaan huis toe. 

**** Sy gesprek

21  Toe sê die seun vir hom: ‘Pa, ek het teen God en teen Pa gesondig. Ek is nie meer werd om Pa se seun genoem te word nie.’

**** Onthou hierdie seun het klaar geërf en hy weet alles wat nou na sy kan toe kom is net genade, want sy Pa kon hom soos ‘n hond wegjaag en sê “jou sleg ding nou dat jy alles uitgemors het nou hardloop jy terug huis toe” Jesus vertel juis hierdie verhaal om God se liefde aan verlore sondaars met opregte berou uit te beeld. Sonde verneder ons maar God laat dit toe, sodat ons kan sien hoe sonde ons verwoes en dat ons dan  kan omdraai. Daardie oomblik verlang ons nie na die peule van die varke nie, maar na die Brood van die lewe.

**** Sy ontvangs

22  Maar sy pa roep sy werksmense: ‘Maak gou! Bring klere, die beste, en trek dit vir hom aan; sit vir hom ‘n ring aan sy vinger en trek vir hom skoene aan! 23  En bring die vetgemaakte kalf, slag hom, en laat ons eet en feesvier! 24  Hierdie seun van my was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ek het hom teruggekry.’ Toe het hulle begin feesvier.

****Wanneer mens hierdie deel lees kan jy maklik dink dit gaan net oor die seun waarvan ons so pas gelees het. Dan as mens mooi kyk verteenwoordig dit ook Christus se herstel. Hy wat vir ons gesterf het. Hier word feesgevier oor Sy tuiskoms. Hy was dood en het die dood oorwin en opgestaan. Hy lewe weer in die teenwoordigheid van ons Hemelse Vader. Dit gaan oor ons verlossing en genade.

GEBED vir VANDAG UVW

Onse Vader, al wat ons vandag kan sê is “dankie “ Soos daardie seun kan ons elkeen vanoggend erken ons het gesondig voor die hemel en voor U, ons is nie eers werd om U kinders genoem te word nie, maar dankie dat U Seun ons vuil klere neem en vir ons skoon rein klere in U teenwoordigheid gee. Ek bid vandag vir elkeen op die poslys onder die letter U,V en W. U. ken hulle deur en deur. Red hulle vir U Koninkryk. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 30 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *