Verlore en Gevind 5

Blye Versekering vir 16 Aug. 2019 Tema: Verlore en Gevind 5

Verlore Seun Deel 3

**** My eie woorde

**** Hierdie laaste gedeelte handel oor die broer by die huis. Toe die diensknegte hom vertel waaroor die groot fees gaan, is hy sommer opgeklits.. Hy staan met sy dik mond buite .

Luk.15:28  Toe het die oudste seun kwaad geword en hy wou nie in die huis ingaan nie. Sy pa gaan toe uit en praat mooi met hom; 29  maar hy antwoord: ‘Kyk, al die jare werk ek soos ‘n slaaf vir Pa. Nog nooit het ek ‘n opdrag van Pa verontagsaam nie, en vir my het Pa nog nooit eers ‘n bokkie gegee, sodat ek saam met my vriende kan feesvier nie. 30  Maar nou dat hierdie seun van Pa, wat Pa se goed met prostitute deurgebring het, terugkom, het Pa vir hom die vetgemaakte kalf geslag!’

**** Eerstens vertel hy hoe goed hy is, en hoe hard hy gewerk het, en dat hy so gehoorsaam en voorbeeldig was. Onthou jy die ryk jong man ….hy was oortuig hy was reg, en toe sê Jesus “ een ding kom jy kort” So ook met hierdie broer wat tuis was, met ‘n hart van klip. Hy kyk was teen al die besittings en goed en kyk verby ‘n gebroke verlore siel wat die pad teruggevind het huis toe.

31  Toe sê die pa vir hom: ‘Kind, jy is altyd by my, en alles wat ek het, is ook joune. 32  Maar ons kan tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie, want hierdie broer van jou was dood, en hy lewe weer; hy was verlore, en ons het hom teruggekry.’ ”

**** Die woorde kon net sowel vir jou en my gewees het. Waardeer ons regtig al die voorregte en seëninge uit ons Vader se hand. Sien ons nog ander se nood en stukkende harte raak, of gaan dit net oor my. Kan dit wees dat ek so vol is van myself, dat ek nie eers weet wat my geestelike toestand nie. Kom ek en jy klaar dit met God uit vandag.

GEBED vir VANDAG XYZ

Onse Vader hoe maklik kan ons dink, dat ons darem nie soos die broer is nie, tog weet ons dat ons elkeen skuldig voor U staan, oor wat ons sê doen en dink. Vanoggend lê ek elke sonde van my en elke een wat hier lees voor U voete en ek vra, Jesus dek dit met U bloed en tree vir ons in by ons Hemelse Vader omdat U die volmaakte prys met U lewe daarvoor betaal het. Ek bid vir die name van die drie laaste letters in die alfabet  X, Y en Z

Onse Heer, wees hulle genadig vandag en seën hulle met ‘n hemelse seën. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 3 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *