Wag geduldig 1

Blye Versekering vir 5 Aug. 2019 Tema: Wag geduldig 1
**** My eie woorde
**** In vanoggend se gedeelte sê die HERE, Hy is goed vir die wat op Hom bly hoop en wat na Sy wil vra, maar dan die ander deel, ons moet net geduldig bly wag. Geduld is seker een van die eienskappe wat ons almal so ver mee te kort skiet. Onthou een ding, God kan nie vergeet nie en as Hy iets aan jou belowe het, doen Hy dit. Wag daarop met geduld.
Klg 3:25 (NV) Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na Sy wil vra; 26 dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here; 27 dit is goed vir ‘n mens om sy las in sy jeug te dra. 28 Laat hy in sy eensaamheid geduldig bly as God hom die las opgelê het,
**** Jare gelede was ons in ‘n baie negatiewe situasie. Dit het werklik gevoel en gelyk of die HERE nie hoor nie en of Hy Sy rug op ons gekeer het. Toe gee die HERE vir my ‘n belofte Hy sal ons lot verander…..keer op keer wanneer ek voor Hom op my knieë is bevestig hy dit weer. Na 7 jaar keer Hy ons situasie om en breek die lig deur. Daar het ek geleer om te bly hoop en geduldig te wag. Vandag hoor ons van vroue wat hulle babas weggooi maar die HERE sê Hy sal ons nooit vergeet nie.
Jes.49:15 Kan ‘n vrou haar suigling vergeet, dat sy haar nie ontferm oor die seun van haar skoot nie? Ofskoon hulle sou vergeet, nogtans sal Ék jou nie vergeet nie!
GEBED vir VANDAG K
Onse Vader, groot en Heilig is U Naam. Dankie vir U omgee hart en dat ons U op U woord kan neem. Help ons om te bly hoop en in geduld op U te wag. Ek bid vandag vir elkeen op die lys wie se naam met die letter K begin. Miskien het hulle al gevoel om hoop op te gee en hulle geduld is op. Versterk hulle vandag met daardie wete op die regte tyd sal die lig weer deurbreek. In Jesus se Naam. Amen.
Geseënde dag en week vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *