Wag geduldig 2

Blye Versekering vir 6 Aug. 2019 Tema: Wag geduldig 2
**** My eie woorde
****Vanoggend kyk ons na drie boodskappe in een teksvers. Eerstens sê Paulus, verbly julle in die hoop. Tweedens moedig Hy ons aan om geduldig te wees, en laastens gee hy die antwoord hóé ons dáárby kan uitkom juis wanneer dit onmoontlik lyk.
Rom.12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
**** Van watter hoop praat Paulus dat ons daaroor moet bly wees. Wanneer mens op iets hoop, kan jy mos nie bly wees daaroor nie, want jy leef nog in afwagting. Kyk hoe mooi antwoord die woord van God ons.
Tit 1:2 in die hoop van die ewige lewe wat God, wat nie kan lieg nie, van ewigheid af beloof het,
**** Dit is die ware hoop, die ewige lewe wat God van ewigheid af beloof het en dan die ernstige woord, dat God nie kan lieg nie. Hy sê daarmee saam ons gaan swaarkry, dis nie maklik nie, maar dan sê hy, hou aan bid. Hy sê volhard, moenie opgee nie. Al sien jy nie die antwoord nie, al voel dit of jou wêreld in duie stort hou aan bid. As jy nie weet wat om te bid nie, meld net aan voor die Allerhoogste. Hy kyk, Hy sien, Hy hoor. Hy is ons Ewige God en Vader.
GEBED vir VANDAG L
Onse Vader, dankie vir die wonderlike wete en belofte dat die ware hoop juis is om vir altyd en ewig in U teenwoordigheid te wees. Dankie, dat U woord die waarheid is en dat ons dit onvoorwaardelik kan glo. Ek vra vanoggend help ons om geduldig aan U vas te hou. Ek bid vanoggend vir elkeen wie se naam met die letter L begin. Mag elkeen van hulle vanoggend opnuut aanmeld vir diens aan U. Help elkeen om gehoorsaam te wees totdat U kom. In Jesus se Naam . Amen.
Geseënde dag en week verder.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *