Wag geduldig 3

Blye Versekering vir 7 Aug. 2019 Tema: Wag geduldig 3

**** My eie woorde

**** Ons kan maklik sê ons is geduldig, maar wanneer iemand voor jou inry of jou aanval met harde woorde,  besef jy geduld is nou nie een van jou goeie eienskappe nie. Jy is dadelik gereed en op jou perdjie. Toe ek vanoggend hierdie woorde lees wonder ek daaroor.  Wees geduldig met mekaar. Hoe kry mens hierdie geduld, behalwe deur die krag van Jesus Christus en oefening. As ek en jy vandag vra vir geduld, wees verseker jy gaan oefening kry en as jy die toets faal moet jy weer oefen.

Kol.3:13  Wees geduldig met mekaar en vergewe mekaar as die een iets teen die ander het. Soos die Here julle vergewe het, moet julle mekaar ook vergewe.

**** Dei tweede aspek is vergifnis. Ek wonder hoe skoon sou my sonde wees, as die HERE vergewe soos ek en jy vergewe. Ons haal mos die ou koeie uit die sloot en trek weer hulle vel aan en gooi dit voor ander neer en sê : “ Maar onthou jy wat jy gedoen het ….” Nou my vraag, wanneer ek en jy ons sonde bely en die HERE vergewe soos ons vergewe dan kan Hy ook sê : “Ja, maar kyk na jou verlede, onthou jy die en daardie en hierdie“. Weet jy wanneer ek reeds sonde bely en laat staan het en ek kom weer dan sê Hy : “Verskoon My maar Ek sien net MY Seun se Bloed Ek weet nie waarvan jy nou praat nie”.

Heb 8:12  Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie.

Ps 103:12  So ver as die ooste verwyderd is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons.

1 Kor. 13:4a  Die liefde is geduldig,……….

GEBED vir VANDAG  M

Onse Vader U wat barmhartig genadig en geduldig is met ons, aan U alleen al die lof dank en eer daarvoor. Help ons elkeen vandag met ons ongeduld met mekaar. Help ons om die woorde uit te leef….liefde is geduldig. Ons het U genade en vergifnis so nodig, help ons dat ons werklik kan vergewe soos U ons vergewe, want ons leer so stadig. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter M begin. Ek glo hulle staan in afwagting van U seën en hand van genade en beskerming oor hulle vandag. Wil U gee na die rykdom van U liefde en genade. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *