Wag geduldig  4

Blye Versekering vir 8 Aug. 2019 Tema: Wag geduldig  4

**** My eie woorde

**** Jakobus gebruik die voorbeeld van ‘n boer wat wag vir die oes. Hy wag vir die vroeë reën om die saad te laat ontkiem en die laat reën om die oes ryp te maak. Dan bring hy dit terug na die HERE se wederkoms want Hy wag ook vir ‘n oes. Hoe lank wag Hy al ? Hy verlang dat ons almal gered moet word en in vrede en harmonie saam met Hom in alle ewigheid moet wees. Onthou ek of jy kan vandag sterf dan het ons ons laaste kans gehad.

Jak. 5:7  Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8  Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.

2 Petrus 3:9 (NV)  Die Here stel nie die vervulling van sy belofte uit nie, al dink party mense so. Nee, Hy is geduldig met julle, omdat Hy nie wil hê dat iemand verlore gaan nie: Hy wil hê dat almal hulle moet bekeer.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader hoe geduldig is U net nie met sondaars soos ons nie. U wag elke dag, want môre is daar dalk nog een wat sal reageer op U stem. Miskien sou ék of iemand op hierdie poslys nie verlede jaar gereed gewees het, indien U sou kom nie. Dankie vir U genade, liefde en geduld. Baie dankie vir gebedsverhoring en die wonderlike reën wat U in die Wes Kaap gestuur het. Aan U alleen kom die lof, dank en eer toe. Ek bid vir elkeen onder die letter N vandag. Wat ook al hulle nood of behoefte is, wil U kragdadig voorsien. Vanmôre  bid ek uit my hart vir elkeen wat in opregtheid uitroep vir ‘n werkie om te doen. U is die God van wonders en by U is niks onmoontlik nie. Voorsien en verhoor tot Eer van U groot en Ewige Naam alleen. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en langnaweek. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *