Bekommernisse 1

Blye Versekering vir 2 Sept 2019 Tema: Bekommernisse 1

**** My eie woorde

**** Om aan Christus te behoort is ‘n keuse. Wanneer ek en jy Hom kies ontvang ons die voordele op grond van ons keuse.  Enige een wat sê hy was nog nooit bekommerd nie is vals. Ons is en was al almal bekommerd een of ander tyd. Die verskil is net dit, dat wanneer ons daardie laste self dra maak die vyand dit al; hoe groter en later kyk jy net teen jou bekommernis vas en nie teen die antwoord in Jesus Christus nie. Wanneer jy vandag se tekste lees maak dit jou eie en weet die HERE praat net met jou .

1Pe 5:7  Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle. 8  Wees nugter en waaksaam, want julle teëstander, die duiwel, loop rond soos ‘n brullende leeu, en soek wie hy kan verslind.

Jes. 46:3 Luister na My, nageslag van Jakob, almal wat oor is uit die nageslag van Israel, julle vir wie Ek gedra het van julle geboorte af, wat Ek vasgehou het vandat julle daar is. V4 Ook tot in julle ouderdom is Ek die Here, tot in julle grysheid sal Ek julle dra. Ek het julle gemaak en Ek sal julle vashou, julle dra en julle red.

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader hoe groot is U net nie. In U almag sien U nie net elkeen van ons raak nie U dra ons en versorg ons en niks gaan ongemerk by U verby nie . Ek vra dat U elkeen van ons vandag sal vashou in die holte van U hand. Ek bid vir elkeen onder die letter K op die poslys. My Vader miskien ervaar hulle vanoggend hulle het nie meer krag nie, gee hulle daardie nuwe krag om op te staan en weer alles met durf aan te pak. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 41 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *