Bekommernisse 3

Blye Versekering vir 4 Sept 2019 Tema: Bekommernisse 3
**** My eie woorde
**** Waaroor bekommer jy jou vandag ? Navorsing het getoon dat 80% van ons bekommernisse nie gebeur nie. Dis menslike navorsing. Ek kan elkeen verseker vandag dat ons die HERE met 100% kan vertrou. Dit wat lyk asof dit skeef loop, nadat jy Hom gevra het, is steeds Hy wat in beheer is. As ons dink hierdie land of enige ander land gaan omkeer en in rus en vrede lewe, het jy nie Openbaring gelees nie. Hierdie gebeure nou, leer ons om in alles op die enige en Ware God te vertrou. Soek Hom eerste en die res val in plek.

Matt 6:31 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? 32 Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. 33 Maar soek eers die koninkryk van God en Sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.

Jes.45:5 Ek is die HERE, en daar is geen ander nie; buiten My is daar geen God nie; Ek omgord jou, hoewel jy My nie geken het nie, 6 sodat hulle kan weet van die opgang van die son en van sy ondergang af dat daar buiten My geeneen is nie; Ek is die HERE, en daar is geen ander nie;

GEBED vir VANDAG J
Onse Vader dankie vir daardie versekering as ons U koninkryk en ‘n regte verhouding met U soek val die res in plek. Baie dankie daarvoor. Buiten U is daar niks om aan vas te hou nie. Ek bid vandag vir elkeen wie se naam met die letter J begin op hierdie poslys. Gee hulle opnuut daardie versekering dat niks oor hulle pad sal kom, waarvoor U nie antwoorde het nie. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
GETUIENISSE en TERUGVOER
****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering@gmail.com
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan
gebed.asseblief@gmail.com

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 21 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *