Bekommernisse  4

Blye Versekering vir 5 Sept 2019 Tema: Bekommernisse  4

**** My eie woorde

****Martha was die besige vrou en Maria weet ons, aanvanklik die rondloper vrou, totdat sy Jesus gevind het. Martha is besig, altyd besig, daar is nie tyd nie. Dan sien ek hoe lyk Martha se hart op daardie stadium, sy is nie blymoedig nie. Hier moet sy haar dood werk en kyk wat doen Maria.

Luk 10:40  Maar Martha was baie besig om alles klaar te maak. Sy kom toe daar staan en sê: Here, gee U nie om dat my suster my alleen laat bedien nie? Sê dan vir haar dat sy my moet help.41  Maar Jesus antwoord en sê vir haar: Martha, Martha, jy is besorg en verontrus oor baie dinge; 42  maar een ding is nodig; en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie.

**** Waar is jy? Besig besig besig daar is nie tyd nie. Ek en jy het een ding nodig en dit is, neem tyd om by Jesus se voete te sit.

Matt.16:26  Want wat baat dit ‘n mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly? Of wat sal ‘n mens gee as losprys vir sy siel?

GEBED vir VANDAG M-N

Onse Vader U sit oor die heelal en kyk en sien spikkeltjie mense raak wat soos miertjies rusteloos rondskarrel om ‘n bestaan te maak. Gee ons elkeen die besef vandag dat ons rus by U voete kan vind. U bly in beheer en U beloftes is waar. Hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit sal vernag in die skaduwee van die Almagtige. Wat ‘n wonderlike woord vir ons elkeen. Ek bid vandag vir almal onder die letter M en N vanoggend. Dalk is daar Marthas wat Marias moet word. Help hulle elkeen om te leer wat die waarde van U teenwoordigheid is. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde veilige dag vir elkeen.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 39 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *