Bekommernisse 5

Blye Versekering vir 6 Sept 2019 Tema: Bekommernisse 5

**** My eie woorde

**** Vanoggend kry ek hierdie ernstige woord. Jeremia bring hierdie woord aan die volk en hulle is kwaad want ons wil almal mos mooi en goeie woorde hoor wat lekker op die oor val. Ons wil hoor ons is “okay” Die aanklag is twee goed, die eerste,  vervloeking  om te vertrou op die vlees en die tweede deel,  ‘n hart wat afwyk van die HERE.

Jer 17:5  So sê die HERE: Vervloek is die man wat op die mens vertrou en vlees sy arm maak, terwyl sy hart van die HERE afwyk. 6  En hy sal wees soos ‘n kaal bos in die wildernis, en hy sal nie sien as die goeie kom nie, maar dor plekke in die woestyn bewoon, ‘n brakkerige en onbewoonde land.

**** Nogtans bring Jeremia ook ‘n woord van hoop wanneer ons ons sorge en kommer in die HERE plaas en Hom vertrou. 

Jer. 17:7  Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is. 8  Want hy sal wees soos ‘n boom wat by die water geplant is en sy wortels uitskiet by die stroom en nie vrees as daar hitte kom nie, maar sy blad bly groen; en in ‘n jaar van droogte is hy nie besorg nie en hou nie op om vrugte te dra nie.

**** Dan volg hierdie ernstige woorde dat die HERE ons harte ken. Ons kan ‘n pragtige front van vroomheid voor mense hou, maar wat gaan binne-in ons harte aan. Jy sien dit wat ek doen en sê is die vrugte wat ek dra en die HERE belowe daarvoor sal ek beloon word volgens my weë

Jer 17:9  Bedrieglik is die hart bo alle dinge, ja, verdorwe is dit; wie kan dit ken? 10  Ek, die HERE, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë, volgens die vrug van sy handelinge.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader wat in die hemele woon, groot en heilig is U Naam. Vanoggend bely ek ons land en sy mense se sonde. Ons het afgewyk van U weë as ‘n volk en as individue, elkeen het sy eie pad gekies. Ek beroep my op ons enigste en ware Hoë Priester en vra HERE wees ons genadig want meer as versadig is ons van veragting. Heilige Gees, ek vra oortuig ons van sonde, geregtigheid en oordeel soos U beloof het want tyd is besig om uit te loop. Wil U vanoggend elke opregte hart wat na U uitroep hoor en verhoor volgens U wil. Ek bid vir elkeen onder die letter O op ons poslys. Help hulle om op te kyk na U waar ons hulp en ons redding vandaan kom. In Jesus se wonderlike Naam vra ek dit. Amen

Geseënde naweek aan almal, tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *