Blydskap 2

Blye Versekering vir 10 Sept 2019 Tema: Blydskap 2

**** My eie woorde

**** Die volgende eienskap is blydskap en vrolikheid. Dit verskil van ligsinnigheid. Die Bybel sê daar is blydskap in die hemel oor een sondaar wat hom bekeer en dat ons Hom met blydskap moet dien. Hou bietjie mense dop waar jy gaan. Hulle is bedruk, bekommerd  en meeste lyk sommer kwaai. Dan wanneer jy glimlag helder hulle gesigte op.

Luk.15:10  So, sê Ek vir julle, is daar blydskap voor die engele van God oor een sondaar wat hom bekeer.

Ps.100:2  Dien die HERE met blydskap; kom voor sy aangesig met gejubel.

**** Dan hierdie wonderlike woord, dat ‘n vrolike hart genesing bevorder.

Spr.17:22  ‘n Vrolike hart bevorder die genesing, maar ‘n verslae gees laat die gebeente uitdroog.

****Toe kom ek op hierdie woorde af en dit tref my opnuut dat Christus wil hê Sy blydskap moet in ons bly, maar daar is tog ‘n voorwaarde aan. Een wat Hy moes nakom om in Sy Vader se liefde te bly. Dit beteken wanneer ek en jy gered is deur Sy bloed en verdienste, volg hierdie deel. Werklik stof tot nadenke. 

Joh 15:10  As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in Sy liefde bly. 11  Dit het Ek vir julle gesê, dat my blydskap in julle kan bly en julle blydskap volkome kan word.

GEBED vir VANDAG Q

Onse Vader baie dankie vir hierdie belangrike eienskap wat U in ons harte gee. Hoe groot sal ons vreugde en blydskap net nie wees wanneer hierdie aarde met al sy pyn en lyding vir ewig verby is nie. Help ons elkeen om U liefde deur blydskap en vreugde oor ons verlossing uit te straal. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter Q. Mag hulle opnuut bewus word van U blydskap en vreugde in hulle harte. Omstraal hulle met die lig van U teenwoordigheid. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *