Dadelwieletjies

Okkie Jansen Van Rensburg

Bestanddele Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Bestanddele Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water

Stel oond op 180 ºC.

Metode Vulsel
Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.

Metode Deeg
Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin. Lewer ongeveer 60 koekies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *