Blye Versekering vir 12 Sept 2019 Tema: Lankmoedigheid-Geduld 4
**** My eie woorde
****Vanoggend se eienskap is sekerlik vir meeste van ons nie maklik nie. Ek is seker meeste van ons se geduld was al tot die uiterste beproef. Gister kry ek weer so lewensles. Ek ontvang verlede week asook gister oproepe van twee onbekende nommers. Verlede week 4 oproepe en ek gee my naam en area waar ek woon. Dan van die ander nommer maar dieselfde vrae. Hulle meld dat ek by hulle was, onthou ek nie. Gister weer so en hoe meer ek verduidelik hoe minder verstaan die een. Toe my foon nou vir die hoeveelste keer van die nommer lui val ek sommer met die deur in die huis en sê: Dame luister nou asb. dit is die 7de oproep van die nommers en dit is my nommer en het nie verander nie. Toe sê sy, “Jy is darem maar ongeskik nè” en druk die foon dood. Toe kla Heilige Gees my aan, want ek weet gister se boodskap was juis om in vrede te leef en vandag se boodskap gaan juis oor geduld. Ek skakel terug maar hulle antwoord nie, toe stuur ek maar ‘n SMS en vra om verskoning en blokkeer die nommers. Toe ek nou hierdie woorde van Paulus aan die Romeine lees is dit so goed hy praat net met my.
Rom.12:12 verbly julle in die hoop; wees geduldig in die verdrukking; volhard in die gebed.
**** Paulus begin met ‘n positiewe woord van hoop en dat ons sal verdrukking ondervind, maar ons moet geduldig bly en aanhou bid. Ek weet indien ek geduldig was kon ek mos al verlede week die nommers geblokkeer het en daar trap ek in die strik. Die tweede deel is soveel ernstiger. Vele mense het al gesê ons hoor die storie van die Wederkoms al so lank. Petrus meld dis juis omdat daar nog siele is wat gered moet word maar Jakobus vermaan ons om geduldig te wag. So wag ons boere vir reën en dit lyk of dit nie kom nie, maar in geloof weet ek dit sal weer kom.
Jak.5:7 Wees dan geduldig, broeders, tot op die wederkoms van die Here. Kyk, die landbouer wag op die kostelike vrug van die aarde en het geduld daarmee totdat dit die vroeë en die laat reën ontvang het. 8 Julle moet ook geduldig wees; versterk julle harte, want die wederkoms van die Here is naby.
GEBED vir VANDAG S
Onse Vader, baie dankie dat U soveel geduld en genade vir ons het. Ons bely dat ons so vêr te kort skiet en vra dat U ons sonde sal dek met die bloed van Christus wat vir ons gestort is. Ek bid vir elkeen onder die letter S vandag. Miskien worstel hulle ook met sonde in hulle lewe of dra ‘n las wat soos ‘n berg voor hulle lê. Verlos hulle van sonde en maak hulle las sag en lig. In Jesus se Naam. Amen
Geseënde dag vir elkeen.
You Tube:
Skakels oor vas.
https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.
https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie, Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas
https://youtu.be/xtM_BWsonFw Deel 2
https://youtu.be/WRmcCzr9g3c Deel 1
Die offer
https://youtu.be/BAXyZF_6oh8 -Deel 1
https://youtu.be/h9w6NicWKiY -Deel 2
http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering
Blye Versekering Webtuiste: http://www.go.to.co.za/lenten
Nuwe intekenare is welkom
blye.versekering.audiocd@gmail.com
Gebedsversoeke kan gestuur word aan