Gestolde drielaagslaai

www.maroelamedia.co.za
Bron 50 Boerekos-geregte LAPA Uitgewers

WORTELLAAG
80 g (1 pakkie lemoengeur jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml fyngerasperde wortels

PYNAPPELLAAG
80 g (1 pakkie) pynappelgeur jellie poeier
250 ml kookwater
410 g (1 blik) fyn pynappel, gedreineer
250 ml gerasperde cheddarkaas
205 g geroomde maaskaas

BEETLAAG
80 g (1pakkie) kersiegeur jelliepoeier
250 ml kookwater
250 ml gerasperde gaar beet

Metode:
WORTELLAAG: los die jellie op in die kookwater, voeg die wortel by en laat stol dit in ring vorm.

PYNAPPELLAAG: los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die pynappel, kaas en maaskaas by. Skep dit bo-op die gestolde wortellaag

BEETLAAG: los die jellie op in die kookwater. Laat dit afkoel en voeg dan die beet by. Skep dit op die gestolde pynappellaag. Laat dit oornag in die yskas oornag in die yskas staan om heeltemal te stol.

Keer die slaai op n mooi bord uit en garneer dit met wortelrepies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 172 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *