Getrouheid  2

Blye Versekering vir 17 Sept 2019 Tema: Getrouheid  2

**** My eie woorde

****Indien ek vanoggend ‘n ander woord sou soek vir getrouheid dink ek “geloofwaardig” sou gepas wees. Dit is sekerlik een van God se grootse karaktertrekke en dit is getrouheid. Wat Hy belowe doen Hy. Indien Hy iets gesê het, is dit geloofwaardig, ons kan dit glo en weet Hy SAL dit doen. Kom ons kyk na twee van Sy beloftes waaraan ek en jy kan vashou.

1Joh 1:9  As ons ons sondes bely, Hy is GETROU en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig.

2Tess 3:3  Maar die Here is GETROU; Hy sal julle versterk en bewaar van die Bose.

**** Nou vra Hy vir jou en my om getrou te wees in die klein dingetjies, want hoe meer Hy jou kan vertrou, hoe meer sal hy gee en jou  daarmee vertrou. Verder daardie versekering Hy bly ALTYD getrou

Luk.16:10  Hy wat getrou is in die minste, is ook in die grote getrou; en hy wat onregverdig is in die minste, is ook in die grote onregverdig.

2Tim 2:13  As ons ontrou is, Hy bly getrou; Hy kan Homself nie verloën nie.

**** Moontlik voel jy waarmee kan jy dan nou vertrou word? Kyk wat het die HERE vir Moses gevra

Eks.4:2  Daarop vra die HERE vir hom: Wat is daar in jou hand?

**** Dis ook Sy vraag aan jou vandag,  dit wat jy kan doen, doen dit getrou. As jy net kan bid, doen dit getrou. As jy Sy woord lees, doen dit getrou . As jy ander help doen dit getrou. Dalk voel jy jy is getrou maar word onregverdig behandel. Kyk hierdie woord net vir jou vandag.

Pred.10:4  As die toorn van die heerser teen jou opkom, verlaat nie jou pos nie, want bedaardheid voorkom groot foute.

GEBED vir VANDAG V

Onse Vader, aan U alleen al die lof en eer en heerlikheid vir die beloftes in U woord en dat U getrou is selfs as ons ontrou is. Hoe sê mens dankie vir sulke liefde behalwe om deur Jesus se krag gehoorsaam te wees. Help elkeen wat hier lees vandag om getrou te wees daarin wat ons doen groot of klein, want U sien dit. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter V op die poslys. Maak hulle opnuut bewus dat U beloftes waar en eg is en ons kan dit glo want U is getrou en geloofwaardig. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 87 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *