Goedheid  1

Blye Versekering vir 16 Sept 2019 Tema: Goedheid  1

**** My eie woorde

****Ons gaan voort met die karakter eienskappe. Soms hoor mens iemand sê “dis ‘n goeie mens” Die ryk jongman het na Jesus toe gekom en Hom goed genoem, en kyk wat was Sy antwoord.

Matt.19:17  En Hy sê vir hom: Waarom noem jy My goed? Niemand is goed nie, behalwe een, naamlik God. Maar as jy in die lewe wil ingaan, onderhou die gebooie.

**** Dit lyk dan asof dit vir ons byna onmoontlik is om hierdie eienskap te bekom. Tog gee die skrif vir ons die antwoord dat dit die vrug van God se Gees is wat in ons woon. Jy sien daar gaan baie “goeie” mense wees wat nie die hemel gaan maak nie, want ons kan slegs deur verlossing in Jesus Christus die hemel ingaan. Sy geregtigheid kry ons slegs van Hom af omdat Hy die prys betaal het. Dan leef ons nie meer nie, maar Hy leef in ons en deur ons. 

Efes.5:9  Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

Eseg. 36:26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee. 27  En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen.

**** Wanneer Hy in ons woon en ons gevul word deur Sy Gees kan ons uitroep soos Dawid.

Ps. 23:6  Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.”

GEBED vir VANDAG U

Onse Vader laat U Naam geheilig word , laat U koninkryk kom , laat U wil geskied soos in die hemel net so op die aarde. Kom leef in ons vandag sodat dit wat ons leef U goedheid uitstraal aan ‘n stukkende wêreld daar buite. Ek bid vir elkeen onder die letter U. Mag hulle opnuut bewus word van U goedheid en guns. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *