HOENDER AKNI

Woumarie
Bron : RSG Resepte

Bestanddele
1kg hoenderstukke, vel en been aan
3 koppies rys
3 uie, gekap
olie
1 tamatie, gekap
½ groen soetrissie, gekap
3 teelepels borrie
2 teelepels masala
2 teelepels akni
1 teelepel komyn
1 teelepel rissiepoeier
5 naeltjies
peperkorrels
wonderpeper (All Spice)
2 koppies karringmelk
5 kardemonpitte
3 stokkies kaneel
1 eetlepel opgekapte gemmer en knoffel
½ bossie vars koljander
botter
sout

METODE
Was die rys goed af, maar moet dit nie kook nie. Plaas hoenderstukke onder in houer. Meng die karringmelk met die borrie, masala, akni, rissiepoeier, knoffel en gemmer. Meng dit met die hoender. Voeg die rou rys by. In ‘n aparte kastrol braai die uie, tamatie, soetrissie, kaneel, kardemon, naeltjies, peper en wonderpeper. Sodra die ui deurskynend is, voeg die hoender en karringmelk en rys by.
Voeg die koljander by. Bedek met water tot 1cm bokant die dis. Sit op hoog vir 15 minute. Laat dit daarna stadig prut vir ‘n uur met deksel op. Haal deksel af, sit klontjies botter in die rys, sit waspapier oor kastrol en sit deksel op. Laat die dis vir ‘n halfuur “sweet”.
Skep op met ‘n piering, nie ‘n opskeplepel nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 495 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *