HOENDERTERTJIES 

Rika Theron
Lewer 12 tertjies

Bestanddele: 

BESLAG: 
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knippie sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ml tiemie of basielkruid
2 eiers, effens geklits
250 ml melk
125 ml olie. 

VULSEL: 
400 – 500 g oorskiet, fyngekookte hoender
250 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Voorverhit oond tot 180°C.  Spuit kolwyntjiepanne met 12 groot holtes met kleefwerende middel.  Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.  Geur met swartpeper en tiemie of basielkruid.  Meng die eiers en melk en voeg die olie by.  Meng goed.  Voeg by die droë bestanddele en roer aanhoudend met ‘n draadklopper sodat daar geen klonte vorm nie.  Giet die kolwyntjieholtes sowat een derde vol met van die beslag.  Skep van die gaar hoender bo-op, strooi ‘n bietjie kaas oor en skep weer van die beslag bo-op.  Die holtes moenie tot heelbo gevul wees nie.  Bak 25 – 30 minute lank tot gaar en goudbruin van bo.  Laat effens afkoel.  Sny versigtig met ‘n mes langs die kante los en verwyder uit die panne.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 72 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *