Ingelegde suurlemoene

Frik

Bestanddele
Suurlemoene
Growwe Sout
Gesterriliseerde Bottels

Metode Bottels
Voorverhit oond tot 140 grade. Was bottel en proppe goed. Spoel af. Sit bottels in die oond, en sit die oond af. Wag so 15 minute voordat jy begin om bottels te gebruik.

Metodde suurlemoen
Was die suurlemoene af. Sny die suurlemoen in die helfte. Dan elke helfte in drie dele. Verwyder al die sigbare pitte. Neem ‘n bottel en goeie ‘n goeie klomp growwe sout onder in die bottel. sit suurlemoen stukkies op die sout. Gou nou weer n lagie sout in en hou aan en wanneer die bottel vol is eindig met ‘n lagie sout. So ninne ‘n paar dae trek die sout die sap uit die suurlemoenne. As die bottel nie heeltemal vol is met sap nie. Sny ‘n suurelemoen of twee deur en druk die sap in die bottel om die bottel vol te maak. Hoe langer jy die suurlemoene staan hoe beter word die smaak. Jy kan al na ‘n maand die suurlemoene gebruik. Baie resepte sĂȘ jy moet water en allerhande kruie en speserye byvoeg maar is nie nodig nie. Jy kan kaneel stokkies byvoeg of enige ander speserye. Hierdie is net die basiese resep/

Gebruike
Jy kan die suurlemoene net so gebruik uit die vlees uit. Onthou net dit is baie sout. Gooi suuremoen by en pro voordat jy sout bygooi. Jy ka ook die stukkies suurlemoen afspoel om van die meeste van die sout ontslae te raak. Gebruk in hoender, vis, vark, kerrriedisse en slaaie. Jy sal nooit weer skoon suurlemoene gebruik nie. Jy kan die skil en die vlees van die suurlemoen gebruik.

Omdat die suurlemoensap en die sout natuurlikr preseveer middeels is kan die suurlemoene lank staan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,201 times, 3 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *