KERRIEBONESLAAI

Rika Theron

Bestanddele:
250 ml droë bone, oornag in water geweek
sout
1 ui, fyn gekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
olie
2 ml kerriepoeier
10 ml suiker
2 ml mosterdpoeier
100 ml mayonnaise
sout & swartpeper na smaak
2 – 3 eiers, hardgekook.

Metode:
Giet die weekwater af, bedek die bone met skoon, koue water en kook tot sag. Geur met sout aan die einde van die kooktyd, anders kook die bone nie sag nie. Dreineer en laat afkoel. Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag en glansig. Voeg die kerriepoeier by en roerbraai nog sowat 1 minuut lank. Verwyder van hitte en voeg die suiker en mosterdpoeier by. Voeg ook die mayonnaise by en geur na smaak met sout en swartpeper. Meng met die bone en skep in ‘n bak. Sny die eiers in kwarte en plaas bo-op. Sprinkel ‘n bietjie gekapte pieterselie oor. Verkoel tot benodig.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *