Liefde1

Blye Versekering vir 9 Sept 2019 Tema: Liefde1

**** My eie woorde

****Ek praat hierdie volgende twee weke oor 10 eienskappe wat ek en jy as kinders van die HERE behoort te hê. Hierdie eienskappe het Jesus vir ons as mens kom ten toon stel, en deur die Heilige Gees is dit tot beskikking vir elkeen van ons. Die eerste en belangrikste is verseker, liefde. Hierdie is ‘n onvoorwaardelike, selflose liefde vir ander se redding. Om iemand lief te hê, sodat hulle vir die ewigheid gered kan word is die grootste liefde, want dit is hoe lief God hierdie wêreld het.

Kol.3:14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Fil 1:9  En dit bid ek dat julle liefde nog meer en meer oorvloedig mag word in kennis en alle ervaring, V10  om die dinge waar dit op aankom, te onderskei, sodat julle rein en vir niemand ‘n aanstoot mag wees nie, tot op die dag van Christus,

**** Hierdie week gaan daar toetse oor jou pad kom waar jy moet wys dat jy liefde en omgee vir ander het. Vra die Heilige Gees om jou die krag te gee om hierdie liefde te hê en te deel.

GEBED vir VANDAG  P

Onse Vader wat in die hemele woon, dankie dat U deur U Seun vir ons kom wys het wat opregte ware liefde is. Help elkeen van ons vandag, om daardie opregte omgee liefde te hê en uit te leef. Help ons om die waarde van elke siel vir U koninkryk te besef. Ek bid vir elkeen op die poslys onder die letter P vandag. My Vader kyk in hulle harte en verhoor die pleit stem van hulle uitroep na U volgens U wil. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir almal.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 5 times, 5 visits today)
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *