Sagmoedigheid 3

Blye Versekering vir 18  Sept 2019 Tema: Sagmoedigheid 3

**** My eie woorde

**** Wat is hierdie “sagmoedigheid” waarvan die woord oorlaai is. Moses het dit weerspieël en Jesus het so voorbeeld kom stel

Num.12:3  Maar die man Moses was baie sagmoedig, meer as al die mense op die aardbodem.

Matt.11:29  Neem my juk op julle en leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele;

**** Sagmoedigheid en nederigheid is tweeling boeties en stap hand aan hand. Wanneer ons iemand in liefde vermaan en teregwys, moet ek ook nederig genoeg wees om te weet ek is net so ‘n sondaar en môre kan ek val in sonde. Wat ‘n voorreg wanneer ons mekaar in liefde kan ondersteun en help om geestelik te groei dat ons almal die hemel kan maak. Hoeveel keer moes jy al die minste wees al was dit moeilik. Ek wil jou daardie versekering gee Jesus sien jou hart en dit gaan nie by Hom verby nie.

Gal.6:1  Broeders, as iemand ewenwel deur een of ander misdaad oorval word, moet julle wat geestelik is, so een reghelp met die gees van sagmoedigheid, terwyl jy op jouself let, dat jy ook nie versoek word nie.

GEBED vir VANDAG  W

Onse Vader vanoggend kan ons net weer dankie sê vir U sagmoedige hart. Dankie, vir die voorbeeld wat U vir ons kom nalaat het. Ons moet bely ons kan so maklik dink hoe goed ons is maar wanneer mens lees dat Moses sy naam uit U boek sou verwyder dat ander gered kan word, dan weet ons, ons is nog nie daar nie. Daar is nog soveel eie-ek en self liefde in ons. Help ons daarmee asseblief. Ek bid vanmôre vir elkeen op die poslys wie se naam met die letter W begin. Ek vra dat U hulle sal omstraal met die lig van U teenwoordigheid en dat hulle opnuut bewus sal maak dat daar by U rus en vrede is en dat U gebede verhoor. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *