Tuisgemaakte skons

Woumarie
Huisgenoot

Bestanddele
500 ml (2 k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier
2,5 ml (½ t) sout
30 g strooisuiker
60 g botter
200 ml (¾ k) melk
1 eier gemeng met 5 ml (1 t) water
konfyt vir voorsit

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakpan met bakpapier uit. Sif die meel, bakpoeier en sout in ’n mengbak, voeg die suiker by en roer deur. Vryf die botter by die meel in tot dit soos broodkrummels by. Maak ’n holte in die middel van die meel, giet die melk in en sny deur met ’n bottermes. Keer uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is en knie liggies tot die deeg glad is. Druk die deeg effens plat en sny sirkels uit die deeg met ’n koekiesnyer. Plaas op ’n bakplaat, verf die bokante met eierwas en bak 10 min. Laat op ’n rak afkoel en sit voor met konfyt.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 48 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *