Vrede 3

Blye Versekering vir 11 Sept 2019 Tema: Vrede 3

**** My eie woorde

****Die volgende eienskap waarna ons kyk is vrede. In vandag se lewe verlang ons almal na vrede. Of jy ryk arm siek oud jong hulpeloos of wat ook al mag ervaar almal wil immers vrede hê. Dan is daar ‘n ernstige waarskuwing vir die eindtyd. Wanneer almal bid en soek vir vrede en veiligheid  oorval ‘n skielike verderf hulle. Nogtans die belofte  dat die kinders van die HERE sal weet wanneer dit naby is.

1Tess 5:2  want julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos ‘n dief in die nag. 3  Want wanneer hulle sê: Vrede en veiligheid—dan oorval ‘n skielike verderf hulle soos die barensnood ‘n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie. 4  Maar julle, broeders, is nie in duisternis, dat die dag julle soos ‘n dief sou oorval nie.

**** Wat maak die verskil ? Dis hierdie vrede waarvan ek praat die hemelse vrede omdat ons rus in Jesus Christus gevind het. Dis ‘n vrede wat in jou binneste lê omdat jy gered is al gaan dit hoe deurmekaar in die wêreld daar buite. Dan kom die versoek van Paulus waar hy sê dat ons sovêr moontlik met alle mense in vrede moet leef

Joh.14:27  Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die wêreld gee, gee Ek aan julle nie. Laat julle hart nie ontsteld word en bang wees nie.

Joh.16:33  Dit het Ek vir julle gesê, dat julle in My vrede kan hê. In die wêreld sal julle verdrukking hê; maar hou goeie moed, Ek het die wêreld oorwin.

Rom.12:18  as dit moontlik is, sovêr as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense.

GEBED vir VANDAG  R

Onse Vader vul ons met U vrede vandag en help ons om vrede te maak en in vrede te leef. Baie dankie dat ons dit van U mag vra. Ek bid ook vir elkeen vandag onder die letter R. My Vader voorsien op ‘n kragdadige manier vir hulle na die rykdom van U groot genade volgens U wil en hulle behoefte. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

 

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 6 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *