Vriendelikheid 5

Blye Versekering vir 13 Sept 2019 Tema: Vriendelikheid 5

**** My eie woorde

**** Vriendelikheid spreek van jou binnekant. Onthou dis nogal maklik om vriendelik te wees teenoor buitestaanders en diegene wat jy nie elke dag sien nie. Die groot uitdaging en toets is juis om vriendelik te wees wanneer jy nié so voel nie. Ek dink ons almal het al ervaar dat jy self ontsteld of onvergenoegd is en dan deel jy dit aan jou geliefdes uit, en hulle is eintlik onskuldig. Dink daaraan dat ek en jy ‘n engel het wat aanteken alles wat ons doen en sê. Wanneer ons saans stil word hoe lyk my en jou verslag?

Efes.4:32  Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.

**** Ek weet wanneer mens hierdie deel lees voel jy dit is darem te veel gevra. Een ding weet ek, sonder Christus sou dit teveel gewees het, maar met Hom is dit moontlik. Ons lewe in ‘n stukkende onseker wêreld vol pyn smart ellende. Die kassier agter die toonbank is dalk die broodwinner vir 3 boeties en sussies want hulle Ma en Pa is oorlede aan VIGS  Die skoonmaker wat elke dag dieselfde vloer moet skoonmaak se man is ‘n alkoholis en werkloos en vanaand wag die honger kinders en  kleinkinders wat sy versorg weer vir haar. Miskien is jou vriendelikheid juis die bemoediging wat daardie een weer hoop gee.

Fil.4:5  Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby.

Spr.15:1  ‘n Sagte antwoord keer die grimmigheid af, maar ‘n krenkende woord laat die toorn opkom.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader ons wil elkeen vanoggend ons lewens verslag voor U lê en vra dek ons verslag met die bloed van Christus en aanvaar die prys opnuut wat Hy vir ons sonde betaal het. Help ons om nie bevooroordeeld te wees nie, maar om vriendelik te wees selfs al voel ons nie so nie. Verlos ons van die bose. Ek bid vandag vir elkeen op ons poslys onder die letter T. Ek gee hulle oor in U arms van genade en liefde en vra versorg hulle dra hulle en gebruik hulle in U diens. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde naweek aan almal. Tot Maandag as ons gespaar bly.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *