Garnaalkerrie

Idees Tydskrif

BESTANDDELE
60 ml botter
1 groot ui, gekap
15 ml kerriepoeier
5 ml borrie
1 gekapte vars rooi brandrissie
1 blik klappermelk
800 g-1 kg afgedopte garnale
30 ml suurlemoensap
10 ml mielieblom
diepgebraaide uieringe vir garnering
vrugtesambal en rys om voor te sit

Metode
Verhit die botter in  ľn kastrol. Voeg die ui by en soteer dit tot goudbruin. Voeg die speserye en rissie by en soteer dit vir 30 sekondes. Gooi die helfte van die klappermelk by en laat die mengsel vir 15 minute prut. Voeg die garnale en die res van die klappermelk by en laat vir nog 10 minute prut. Voeg die suurlemoensap by en verdik die mengsel met mielieblom. Garneer die kerrie met gebraaide uieringe en sit dit voor saam met rys en vrugtesambal.

Vrugtesambal:
Meng 125 ml elk piesang-, mango- en komkommerblokkies en 125 ml gerasperde vars klapper. Drup suurlemoensap oor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *