GROENBOONTJIE BREDIE

Woumarie

Bestanddele
25ml botter of olie
1,5 kg skaapvleis met been, in stukkies gesny
2 uie, gekap
1 groen soetrissie, ontpit en gekap (opsioneel)
2 tamaties, geskil en in blokkies gesny
10 ml sout
500 ml kookwater
750 ml gekerfde groenbone
4 aartappels, in blokkies gesny
5 ml sout
2,5 ml varsgemaalde swartpeper
2,5 ml varsgerasperde neutmuskaat
15 ml mielieblom of souspoeier (ongeveer)

Metode
Verhit die botter of olie en verbruin die vleis in sarsies. Skep die vleis uit en hou eenkant. Braai die ui en soetrissie vir ’n paar minute. Voeg die tamaties by en roerbraai vir nog ’n paar minute. Voeg die vleis, 10 ml sout en kookwater by, bedek en stowe vir 1½ uur. Voeg die groenbone by en stowe vir nog ’n halfuur.Vul die water aan indien nodig. Voeg die aartappelblokkies by en strooi 5 ml sout oor. Roer goed deur en stowe vir nog ’n halfuur. Voeg die swartpeper en neutmuskaat by, asook die mielieblom of souspoeier wat met ’n bietjie water tot ’n gladde pasta gemeng is. Prut totdat die sous verdik.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *