GROENBOONTJIE KOEKIES

Woumarie

Bestanddele
450g genipperde groenboontjies
200g Koekmeel
10ml Bakpoeier
5ml Kerrie poeier (sterkte soos verlang)
5ml sout
Knypie peper
2 eier (geklits)
5ml gerasperde ui
Kookolie vir vlakbraai

METODE:
Kook boontjies tot sag. Dreineer hulle goed en laat afkoel. Sif koekmeel,bakpoeier, kerrie, sout en pepper saam. Voeg die boontjies by en meng deur. Voeg eiers en ui by en meng tot n deeg. Voeg bietjie water by as deeg te styf is. Skep lepelsvol van deeg in vlak warm olie. Druk koekies effens platter en braai tot mooi goudbruin. Dreineer goed op kombuispapier

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *