Ken jou vyand 1

Blye Versekering vir 28 Okt. 2019 Tema: Ken jou vyand 1

**** My eie woorde

****Wanneer mens in ‘n oorlog betrokke is, of selfs met al die geknoeiery in ons land, word daar van allerhande tegnieke gebruik gemaak om agter die vyand se planne en optrede te kom. Kom ons kyk hierdie week na ons vyand. Nie omdat ek hom wil verhef nie, maar juis dat ons wakker kan wees.  So dikwels gee ons die Here die skuld vir alles wat verkeerd gaan in ons lewe, maar ons vergeet so maklik dat ons ‘n vyand het, wat ons wil verwoes aan die een kant en aan die anderkant maak ons keuses en voer dit uitsonder om God te raadpleeg.  Ons het reeds voorheen na die lewe van Job gekyk, maar ek gebruik dit dan as vertrekpunt vir hierdie week se tema

Job 1:6  En op ‘n dag toe die seuns van God kom om hulle voor die HERE te stel, het die Satan ook onder hulle gekom. 7 Toe vra die HERE  vir die Satan: Waar kom jy vandaan? En die Satan antwoord die HERE en sê: Van ‘n swerftog oor die aarde, wat ek deurkruis het. 8  En die HERE vra vir die Satan: Het jy ag gegee op my kneg Job? Want daar is niemand op die aarde soos hy nie: ‘n man vroom en opreg, godvresend en wat afwyk van die kwaad 9  En die Satan antwoord die HERE en sê: Is dit verniet dat Job God vrees? …..12  Daarop sê die HERE aan die Satan: Kyk, alles wat hy het, is in jou hand; net na homself mag jy jou hand nie uitsteek nie. En die Satan het weggegaan van die aangesig van die HERE.

****Ek wonder of jy dit raakgesien het. Die engele wat voor God verskyn word “ sy seuns” genoem en daar staan hy ook en hy sê hy kom van ‘n swerftog oor die aarde  wat hy deurkruis het. Dan die kosbare woorde die HERE  ken Job se lewe. Veronderstel my of jou naam het daar gestaan sou Hy met vrymoedigheid kon sê : Het jy gelet op my kneg….. se lewe ?

Josua 24:15  Maar as dit verkeerd is in julle oë om die HERE te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die HERE dien.

GEBED vir VANDAG T

Onse Vader, dankie dat daar nog genadetyd is vandag. Hou ons paraat en gereed om staande te bly saam met Christus teen ons vyand in watter vorm ook al. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter T. U wat elke hart ken maar ook elke behoefte . Wil U hulle pleit stem en uitroep na U hoor en verhoor volgens U wil alleen. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag en week aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *