Ken jou vyand 2

Blye Versekering vir 29 Okt. 2019 Tema: : Ken jou vyand 2

**** My eie woorde

****Christus sê aan sy dissipels dat Satan soos ‘n weerligstraal uit die hemel geval het. Die Satan word ook die owerste van die wêreld genoem, en hy het niks aan Christus nie. Die Sataniste bring eer aan hulle god maar hy is ‘n gevalle engel wat die oorlog in die hemel reeds verloor het nadat hy alle kanse moontlik gehad het. Onthou een ding Satan kan wonders doen maar hy kan nie skep nie, daar is net Een wat kan skep en dis ons Skepper God Christus Jesus. Hy praat ‘n wêreld in bestaan. Verder herskep Hy sondaars harte radikaal as ons wil.

Luk. 10:18  Toe sê Hy vir hulle: Ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.

Open 12:9  En die groot draak is neergewerp, die ou slang wat genoem word duiwel en Satan, wat die hele wêreld verlei, hy is neergewerp op die aarde, en sy engele is saam met hom neergewerp.

Joh 14:30 Ek sal nie veel meer met julle spreek nie; want die owerste van hierdie wêreld kom en het aan My niks nie.

Efes 2:1   En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes 2  waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk,

Eseg.36:26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.

GEBED vir VANDAG UV

Onse Vader U wat was,  en wat is en wat sal wees tot in alle ewigheid, aan U Vader Seun en Heilige Gees bring ons ons aanbidding. Dankie, dat U aan ons kant is. Dankie, dat ons reeds die einde van die verhaal gelees het en U is die Wenner van die heelal. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter U en V . Vou hulle toe in U arms van genade troos liefde en sorg en hoor hulle uitroep na U in Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen .

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *