Ken jou vyand 3

Blye Versekering vir 30 Okt. 2019 Tema: Ken jou vyand 3

**** My eie woorde

**** Paulus waarsku dat die god van hierdie wêreld die sinne verblind, sodat hulle die evangelie nie sal raaksien nie. Dit is sy doel en missie. Dan die kosbare belofte, dat ons oorlog is nie in die vlees nie, maar die wapens van ons Skepper God kan vestings neerwerp. Daar is verskeie mense wat nou deur beproewings gaan en ons weet almal dat die aanvalle erger gaan word. Die wonderlike deel is juis dat niks ongemerk by ons Hemelse Vader verbygaan nie. Keer op keer het Jesus aan Sy dissipels, maar ook vandag aan jou en my gesê dat ons nie moet vrees nie Hy is in beheer. 

2Kor 4:3-4  Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan,4  naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.

2Kor 10:3  Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; 4  want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, 5  terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus,

Joh.6:20  Maar Hy sê vir hulle: Dit is Ek, moenie vrees nie.

**** Dit is my woord aan jou en elke een wat worstel om die lig in hulle donkerte raak te sien. Moenie vrees nie, Hy is steeds in beheer

GEBED vir VANDAG W

Onse Vader opnuut besef ons dat vrees steeds die vyand se wapen is om ons lam te lê, maar U is die God van die heelal wat vestings neerwerp en wat keer op keer gesê het, Moenie vrees nie, moenie bang wees nie, Ek is by jou. Baie dankie vir daardie wonderlike versekering in ons lewens vandag. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter W. Ek bid spesiaal vir Walter vanmôre. ‘n Jong man wat U lief het, maar wat tans baie siek is. Ek vra vandag in die teenwoordigheid van die heelal, as dit U groot wil is raak hom kragtig aan met U reddende hand van genade en genesing. In Jesus se Naam. Amen.

. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *