Klere wat praat 1

Blye Versekering vir 1 Okt. 2019 Tema: Klere wat praat 1

**** My eie woorde

**** Miskien klink dit vandag vir jou soos ‘n kinderverhaal. Klere het mos nie ‘n mond nie en kan nie praat nie. My vraag is: Wat vertel jou klere vandag vir mense met wie jy te doen kry. Klere vertel ‘n storie, dit vertel jou storie. Kyk gerus op die televisie. ‘n Prostituut se klere is van so ‘n aard dat sy ‘n boodskap oordra. Sy sê daardeur “Hier is my liggaam, ek is beskikbaar” ‘n Jong liggaamsbouer het sy “help-my-sterk-lyk T-hemp” aan sê met sy klere “ Kyk vir my”  . Ek glo jy kan ook aan ‘n paar voorbeelde dink soos verskillende kultuurgroepe wat sê dis hoe ons mense aantrek. Dis die aardse klere. Dan die groot vraag hoe lyk ons geestelike klere?

Jes. 1:18  Kom tog, laat ons die saak met mekaar uitmaak, sê die Here: Al was julle skarlakenrooi van sonde, julle sal wit word soos sneeu. Al was julle purperrooi, julle sal wit word soos wol. V19 As julle gehoorsaam wil wees, sal julle die goeie van die land eet, V20 maar as julle weier en opstandig bly, sal die swaard júlle eet, want dit is die Here wat dit gesê het.

**** Die vraag wat ek en jy vanoggend vir onsself moet antwoord: Wat sê my klere van my aan die buitekant en aan die binnekant. Klere aan die buitekant kan die binnekant wegsteek maar ons Hemelse Vader kyk in ons harte. 

Open.3:4  Maar jy het enkele persone ook in Sardis wat hulle klere nie besoedel het nie, en hulle sal saam met My in wit klere wandel, omdat hulle dit waardig is.

**** Ons kan kies of ons vuil geestelike klere wil dra en of die HERE dit skoon kan maak deur Sy wonderbare genade en bloed.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader ons moet bely ons geestelike klere vertel hulle eie storie. Dankie, dat U daardie storie ken. Maak ons binne en buite skoon vandag en lei ons deur hierdie nuwe dag en maand. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter A. My Vader seën hulle met ‘n hemelse seën en voorsien volgens U wil en genade. In Jesus se wonderlike Naam vra ons dit. Amen.

Geseënde dag en week vir almal.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 29 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *