Klere wat praat 3

Blye Versekering vir 3 Okt. 2019 Tema: Klere wat praat 3

**** My eie woorde

**** Ons het gister gepraat oor vuil klere, maar sit jy dalk met stukkende  klere. Dis baie mooi klere en dit lyk op die oog af goed, maar dis stukkend en niemand sien dit nie, want jy steek dit mooi weg. Miskien het jy ontdek dat die goedjies wat jy gedink het maak jou geestelik mooi en vertoon goed, dat dit eintlik stukkend en vol gate is. Dit het hulle waarde verloor. Tog waarsku die Woord ons ook om dit nie te probeer lap met nuwe materiaal nie want die skade word net groter net soos nuwe wyn nie in ou sakke pas nie. So wat is die oplossing??

Matt 9:16 “Niemand lap tog ou klere met ongekrimpte materiaal nie, want die nuwe lap skeur die klere nog verder, en die gat word net groter.  V17 “‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou velsakke nie. As jy dit doen, bars die sakke, die wyn loop uit en die sakke is daarmee heen. Nee, ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en so behou jy altwee.”?

**** Jy en ek kort nuwe klere heel klere en skoon klere.

Joël 2:11 b Die dag van die Here is ‘n groot dag, ‘n verskriklike dag; wie is daarteen bestand? V12 Maar nou sê die Here: Kom met julle hele hart terug na My toe, vas, huil en treur!V13 Skeur julle harte, nie julle klere nie. Kom terug na die Here julle God toe: Hy is genadig en barmhartig; Hy is lankmoedig en vol liefde.

2Kor.5:17  Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader wat in die hemel woon, alle lof en eer en heerlikheid bring ons aan U. So baie dankie dat ons met ons flenter geestelike klere voor U kan neerbuig en vra maak ons nuut deur Jesus Christus wat die prys vir ons sonde betaal het. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter C op ons poslys. Miskien voel hulle dat hulle nie eers werd is om voor U te verskyn nie. Help hulle om opnuut te besef Jesus maak ons kosbaar in U oë. In Jesus se Naam vra ons dit . Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 83 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *