Klere wat praat 4

Blye Versekering vir 4 Okt. 2019 Tema Klere wat praat 4

**** My eie woorde

**** Ons het die week na tipes klere en situasies van klere gekyk. So paar jaar gelede lees ek waar ‘n dame  vertel het hoe sy die oggend gereed gemaak om winkels toe te gaan. Toe sy klaar is klim sy in haar motor en ry. Sy klim uit en gaan by die destydse OK Bazaars in. Sy sien die mense kyk haar so snaaks aan dan groet sy maar. Toe in ’n stadium stap sy in die meubelafdeling rond en sy stap by ‘n spieël verby maar wil toe flou val sy het net haar vol lyf onderrok aan. Sy het nooit haar rok aangetrek nie. Dit bring my by vandag se gedeelte. Miskien het ek en jy deur al die jare gedink ek is geestelik reg en dan een dag ontdek jy jy is geestelik naak. Jy het gedink jy het mos jou kerk en jy ken alles en jy verstaan tog alles maar dan ontdek jy, as jy eerlik voor die Volmaakte staan, jy kort klere.

Openb 3 :17 Julle sê: “Ons is ryk, skatryk, en ons het niks meer nodig nie,” en julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal.

Eseg 16:7b …Maar jy was kaal, jy het nie klere gehad nie.

**** Dis soos hierdie vrou, sy het gedink sy is reg en toe die skok want sy het nie geweet nie. As ek en jy ons teen Christus meet ? Hoe lyk ons ?So wat maak ek nou, ek maak my toe met my klere van goeie werke want dan lyk ek reg en goed vir ander. Tog is dit nie wat ons Verlosser vra nie.  Hy het vir my en jou met Sy lewe betaal . Hulle het Sy klere uitgetrek, sodat ons geklee kan word met Sy heerlikheid.

Matt 27:28  Toe trek hulle Sy klere uit en werp ‘n rooi mantel om Hom;

**** Ek en jy kan, net soos ons is na Jesus toe kom. Of jou geestelike klere stukkend is, of vuil, of vol gate, ja selfs as jy ontdek jy het nie eers klere aan nie, dan is die uitnodiging ook vir jou en vir my.  Uiteindelik as hierdie aarde met alles verby is kyk wat wag vir ons.

Eseg16: 8 Toe Ek by jou verbykom en sien dat jy volwasse begin word, het Ek jou onder my sorg geneem en vir jou klere aangetrek.  Ek het My met ‘n eed aan jou verbind en met jou ‘n verbond aangegaan, sê die Here my God.  Jy het Myne geword.

Open.7:9  Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was ‘n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande;

Open 3:5 Elkeen wat die oorwinning behaal, sal sulke wit klere dra. Ek sal nooit sy naam uit die boek van die lewe uithaal nie, en Ek sal voor my Vader en voor Sy engele verklaar dat hy aan My behoort.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader baie dankie dat U ons aanvaar soos ons is maar ons nie so los nie. Vanoggend vra ek trek ons met U kleed van geregtigheid aan dat ons rein voor U mag staan. Help ons om gereed te wees sodat ons deel van daardie groep van oorwinnaars kan wees, wat eendag voor U troon sal staan. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter D Omstraal hulle in hierdie oggend met die lig van U heerlikheid en vul hulle met U vrede liefde en genade. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en naweek. Tot Maandag as ons gespaar bly.

GETUIENISSE en TERUGVOER

****Indien jy ‘n getuienis het stuur dit gerus aan en ek plaas dit onder ‘n skuilnaam. Hou dit net kort asb.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 36 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *