Lemoen sponskoek

Anna Eksteen

Bestanddele Koek
2 eiers 
10ml gerasperde lemoenskil
62,5ml melk
62,5 ml lemoensap
425ml koekmeelblom
10ml bakpoeier
200ml suiker
1ml sout
125ml botter of margarien

Metode Koek
Voorverhit oond tot 180C. Sif droë bestanddele en voeg by res. Roer met ‘n houtlepel tot bestanddele goed gemeng is of klits 2 minute teen medium spoed met ‘n elektrise klitser. Skep in twee gesmeerde koekpanne, 220 mm in deursnee. Bak 30 minute.

Bestanddele Lemoenversiersuiker
50ml margarien
5ml gerasperde lemoenskil
25ml suurlemoensap
50ml lemoensap
2 1/5k versiersuiker
knypie sout.

Metode Versiersuiker
Klop die botter en versiersuiker saam tot romerig. Voeg die skil by en net genoeg van die lemoen en suurlemoen sap om die mengsel smeerbaar te maak. Smeer die helfte tussen die lae en die die ander helfte bo op die koek.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 241 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *