Lig en Duisternis  1

Blye Versekering vir 7 Okt. 2019 Tema: Lig en Duisternis  1

**** My eie woorde

****Die skeppingsverhaal begin met duisternis. Dit was fisiese duisternis

Gen 1:2  En die aarde was woes en leeg, en duisternis was op die wêreldvloed, en die Gees van God het gesweef op die waters.

****Johannes begin sy verhaal met geestelike duisternis vir ‘n volk wat wag op hulle Verlosser die Messias om te kom. ‘n Mens kan dit amper nie glo dat hy hulle vertel wat is besig om te gebeur en hulle glo steeds nie 

Joh. 1:5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.  6  Daar was ‘n man van God gestuur, wie se naam Johannes was.  7  Hy het tot ‘n getuienis gekom om van die lig te getuig, sodat almal deur hom sou glo.  8  hy was nie die lig nie, maar hy moes van die lig getuig. 9  die waaragtige lig wat elke mens verlig, was aan kom in die wêreld. Joh 1:10  Hy was in die wêreld, en die wêreld het deur Hom ontstaan, en die wêreld het Hom nie geken nie.

**** Dit is presies so met ons vandag. Mense tas in geestelike duisternis rond en alles wat verkeerd is word reg gepraat sodat mens mos nie ongemaklik voel nie. Dis mos hulle REG. Want dis presies soos ons hier bo lees, die wêreld het deur Hom ontstaan en die wêreld het Hom nie geken nie. Ek en jy moet van hierdie Lig getuig net soos Johannes daardie waaragtige Lig wat elke mens verlig ….. as hulle wil.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader baie dankie vir U Seun wat die lig in ons harte kom aansteek het om die duisternis te verdryf. Niemand kan Sy lig verdryf wanneer ons Hom ingenooi het in ons lewens nie. Hy het reeds die vyand aan die kruis verslaan toe Hy oorwin het oor sonde en die dood. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter E maar ook vir elkeen wat vandag worstel met donkerte in hulle lewens. Mag die ware Lig van Jesus Christus hulle binnekant verlig en die duisternis verdryf tot Eer en verheerliking van U grote Naam. In Jesus se Naam vra ek dit.  Amen.

Geseënde dag en week vir julle almal.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 7 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *