Lig en Duisternis 2

Blye Versekering vir 8 Okt 2019 Tema: Lig en Duisternis 2

**** My eie woorde

**** Is jy gereed vir dit wat op ons wag en wat reeds aan die gang is. Duisternis word lig en verlig genoem en goedgekeur. Nogtans kry ons die ernstige waarskuwing, wanneer ons in die lig is, moet ons niks, met die duisternis te doen hê nie. God se woord is ons enigste maatstaf in die laaste dae. Ek lees gister weer hoe die “wyse” mense verduidelik ons het almal regte en Christenskap is maar net nog ‘n teorie. Die Woord van die HERE antwoord hierdie mense so.

1Kor.3:18  Laat niemand homself mislei nie: as iemand meen dat hy wys is onder julle in hierdie wêreld, laat hom dwaas word, sodat hy wys kan word; 19  want die wysheid van hierdie wêreld is dwaasheid by God; want daar is geskrywe: Hy wat die wyse mense in hulle listigheid vang;

2Kor. 11:14  En geen wonder nie! Want die Satan self verander hom in ‘n engel van die lig.

**** Dink gerus aan Daniël en sy drie vriende, hulle het alleen gestaan in ‘n hele stad. Onthou hulle volksgenote was daar maar hulle het gesê ons is nou hier so daarom moet ons maar doen wat die koning sê netnou kry ons swaar. Van ‘n hele volk is daar net 4 manne wat staan en uitstaan vir hulle geloof. Wat van my en jou, kan ons die spreekwoordelike “punch “ vat saam met Jesus Christus. Ons kan!

2Kor_6:14  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Efes._5:8  Want vroeër was julle duisternis, maar nou is julle lig in die Here—wandel soos kinders van die lig.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader groot en heilig is U Naam. Baie dankie dat U die enigste en ware lig van die heelal is. Help ons om te onderskei en staande te bly teen die duisternis. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter F op ons poslys. Wil U deur U Heilige Gees hulle lei in woord en in daad vandag. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir julle elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *