Lig en Duisternis 3

Blye Versekering vir 9 Okt. 2019 Tema: Lig en Duisternis 3

**** My eie woorde

**** Weet julle soms is die Woord van God so reguit. Ons voel dikwels ons moet mooi met mense praat en hulle darem nie seermaak nie. Ek wonder as ek vanoggend hierdie woorde vir iemand sou sê? Tog sê Johannes dis nie hy wat so sê nie, hy sê “wat ons van Hom gehoor het”. So hulle dra oor, dit wat Jesus met hulle gedeel het en nou deel hulle dit met ons deur Sy Woord

1Joh_1:5  En dit is die verkondiging wat ons van Hom gehoor het en aan julle verkondig: God is lig, en geen duisternis is in Hom nie. 6  As ons sê dat ons met Hom gemeenskap het en in die duisternis wandel, dan lieg ons en doen nie die waarheid nie.

**** Onthou dis een ding om te sê ek is in die lig, maar ‘n ander ding om dit te leef. Daarmee beteken dit nou nie jy is volmaak nie, maar ek strewe na die lig elke oomblik sovêr moontlik.

1Pet.2:9  Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,

**** Sy lig openbaar uiteindelik alles. Ons kan goedjies vir mense wegsteek maar nie vir Hom nie. Dink net hoe verlig ons self voel wanneer ons dinge wat verkeerd was reggemaak het. Dit voel soos daardie kinder liedjie wat sê : “ Dit borrel in my want ek is so bly Jesus het my lief…” 

Luk.12:2  En daar is niks bedek wat nie geopenbaar sal word nie, en verborge wat nie bekend sal word

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader U het ons uitgekies, elkeen van ons om U genade en deugde aan ‘n donker wêreld te verkondig. Help my en elkeen vandag om nie net in die Lig te glo nie, maar om in die Lig te leef. Ek bid vandag spesiaal vir elkeen onder die letter G. Laat U lig in die donker plekke in hulle lewens skyn, sodat hulle gereed kan maak om in U teenwoordigheid te leef. In Jesus se kosbare Naam vra ons dit. Amen

Geseënde dag aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 8 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *