Lig en Duisternis 4

Blye Versekering vir 10 Okt. 2019 Tema Lig en Duisternis 4

**** My eie woorde

**** Vandag se gedeelte ken ons seker almal amper uit ons kop. Dan wanneer iemand jou vra, nou wat is die wapenrusting? Dan sien ons mos in ons gedagtes die helm, die swaard,  die borswapen en skild. So kan ons maklik die belangrike deel vergeet, waarvoor dit staan. Paulus het daardie voorbeeld gebruik want die Efesiërs kon maklik daarmee identifiseer. Ek wonder as hy dalk aan ons in vandag se tyd ‘n brief sou skryf sou dit seker omtrent so geklink het:

“Onthou jou Staal Helmut , jou Koeëlvaste baadjie,  jou vuurwapen en skerp mes.

Efes. 6 11 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.  12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

13  Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.

****Dié gedeelte sê ons moet weerstand bied in die dag van onheil, omdat die aanvalle vel sal wees. Dan indien jy enigiets van vandag se deel onthou is dit nie dit wat hierbo staan nie, maar die 10de vers wat ek oorgeslaan het. Paulus begin daarmee en ons kyk dit so maklik mis. Dis waar ons moet begin.

Efes 6:10  Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van Sy sterkte.

**** Jy sien dis waar dit begin, eers daarna volg die res – 1. Waarheid, 2. Geregtigheid, 3. Bereidheid om die Evangelie te verkondig 4. Geloof 5. Verlossing deur Jesus Christus, 6 Sy Woord gevul deur Heilige Gees met  7. Gebed en smeking . Weereens God se getal van voltooidheid. Onthou altyd, ek en jy het die Wenner aan ons kant. Hy het Satan verslaan en hy is uit die hemel geban. Nou speel hy sy finale rol uit op die aarde en blameer Christus vir sy gemors wat hy aanvang, maar hy is reeds 3 keer weer verslaan. Eers in die woestyn, toe Jesus aptyt oorwin het, omdat aptyt die val van ons mensdom veroorsaak het. Toe weer aan die kruis toe Hy tot die einde deurgedruk het al kon Sy Vader Hom in ‘n oomblik verlos en die derde keer toe Hy die dood oorwin het omdat Hy sondeloos was, kon Hy weer opgewek word. Wanneer geestelike duisternis toesak dan sal die geroep uitgaan… Die Bruidegom kom! 

Matt.25:6  En middernag was daar ‘n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader baie dankie vir U Seun en dat Hy ons Wapen is in die stryd. Skenk ons vandag opnuut daardie wapens van Waarheid, Geloof , Bereidheid, Verlossing en liefde vir U Woord deur die Heilige Gees. Ek bid vir elkeen onder die letter H vandag. U ken hulle by die naam en U ken hulle harte en behoefte. Hoor en verhoor hulle uitroep na U vandag en seën hulle met ‘n hemelse seën . In Jesus se Naam. Amen .

Geseënde daggie aan julle elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 13 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *