Lig en Duisternis 5

Blye Versekering vir 11 Okt. 2019 Tema 

**** My eie woorde

**** Wanneer mens lees wat Job skryf verstaan mens dat hy ook beleef het wat ons vandag beleef.

Job 24:12  Uit die stad kerm die manne, en die siel van die gewondes roep om hulp; tog gee God geen ag op die ongerymdheid daarvan nie. 13  Sulke mense behoort by die vyande van die lig: hulle ken nie die weë daarvan nie en bly nie op die paaie daarvan nie. 14  Teen dagbreek staan die moordenaar op, hy maak die arme en behoeftige dood, en in die nag is hy soos die dief. 15  En die oog van die owerspeler neem die skemeraand waar en sê: Geen oog kan my sien nie; en hy sit ‘n sluier voor sy gesig. 16  In die duisternis breek hulle in die huise in; bedags sluit hulle hul op; hulle ken nie die lig nie.

**** Nogtans is dit nie die pad wat ons moet loop nie. Dawid vra dat die HERE SY lig en waarheid sal stuur en dan wanneer Jesus kom, kondig Hy aan dat Hy daardie lig is en wanneer ek en jy in Hom glo bly ons nie in die duisternis en die werke van die duisternis nie. Hy vra dan dat ons lig so moet skyn sodat ander Hom in ons kan sien en Hom kan verheerlik

Ps. 43:3  Stuur u lig en u waarheid; laat dié my lei; laat dié my bring na u heilige berg en na u woninge,

Joh.12:46  Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

Matt.5:16  Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.

Nou vra julle seker , maar hoe is dit dat sommige sê hulle is van die lig maar hulle werke is boos en van die nag.

Luk.11:35  Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader laat U lig in ons harte skyn vandag sodat ander kan sien dat U in ons woon, maar dat U alleen die lof en Eer daarvoor mag ontvang. Help ons om vas te hou dat die lig in ons nie donker word nie. Ek bid vir elkeen onder die letter i . Onse Heer wil U hulle help om staande te bly al is dit hoe moeilik. Versterk hulle geloof en vou hulle toe in U arms van genade sorg en liefde. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en naweek almal. Tot Maandag as ons gespaar bly.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *