Muesli-brood

Jan van Niekerk
Lewer 4 brode

Bestanddele
50 ml Heuning
2 l Louwarm water
40 g Aktiewe droë gis
1 kg Koekmeel
1 kg Volkoringmeel
500 g Muesli
30 ml Sout
200 g Rosyne
50 ml Olie

Metode:
Voorverhit die oond tot 190°C. Los die heuning in 800 ml water op. Strooi die gis oor en laat staan vir 15 minute. Meng die meel, muesli, sout en rosyne saam. Voeg die olie, gismengsel en oorblywende water by en meng tot ‘n klewerige beslag. Meng goed. Skep die mengsel in 4 gesmeerde broodpanne, 225x125x60 mm. Bedek en laat panne vol rys. Bak vir 50 minute. Keer op brooddoek uit en laat afkoel. Lewer 4 brode of 80 snye.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *