Noedels met Tuna

Rika Theron

Bestanddele
125 g rou noedels
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie
2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
1 blikkie (185 g) gesnipperde tuna, in soutwater verpak
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
sout & swartpeper na smaak
knippie neutmuskaat
paar druppels tabascosous (opsioneel)
125 ml Cheddarkaas, gerasper
25 ml gekapte pieterselie.

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak. Kook die noedels in soutwater sag. Dreineer en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die tamaties by en prut tot ‘n moes. Voeg die tuna asook ‘n bietjie van die soutwater waarin dit verpak is, by. Voeg die noedels, mayonnaise en blatjang by, meng en geur met sout, swartpeper, neutmuskaat asook die tabascosous. Meng goed en skep in die voorbereide bak. Meng die kaas en pieterselie en sprinkel oor. Bak sowat 20 – 30 minute of totdat die kaas gesmelt en die gereg lekker warm is. Dien op saam met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 157 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *