Oestyd 1

Blye Versekering vir 14 Okt 2019 Tema: Oestyd 1

**** My eie woorde

**** Die goue reël staan vas, wat jy saai sal jy oes, meer as wat jy gesaai het, maar later as wat jy gesaai het. Nou lees ons die gelykenis wat Jesus vertel het van ‘n boer, wat goeie saad gesaai het, maar waarlik, toe die saad begin groei na die vroeë reën wat die saad laat ontkiem het, staan die bossies volop. Die werkers is klaar gereed om te sê, laat ons die onkruid uittrek maar die antwoord is nie soos ons verwag nie.

Matt 13:27 Die slawe van die boer kom sê toe vir hom: `Meneer, het u nie goeie saad op u land gesaai nie? Waar kom die onkruid dan vandaan?’  V28 Hy antwoord hulle: `Dit is ‘n vyand se werk.’ Die slawe sê toe vir hom: `Wil u hê ons moet dit gaan uittrek?’  V29 Nee, sê hy, as julle die onkruid nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek.  V30 Laat altwee saam groei tot met die oes. In die oestyd sal ek vir dié wat oes, sê: Maak eers die onkruid bymekaar en bind dit in bondels om dit te verbrand, maar bring die koring na my skuur toe.”

**** Dit is hoe God se genade werk. Hy kyk na die onkruid en die koring en Hy weet van daardie onkruid wat ons dink dis onkruid, dis eintlik koring. Is dit nie wonderlik nie. Weet jy miskien kyk jy na iemand en dink daardie een is regtig “onkruid” Dan kom was die HERE daardie onkruid skoon met trane en deur Sy bloed en uiteindelik sal daar ‘n oes van vreugde wees.

Ps.126:5  Die wat met trane saai, sal met gejubel maai.

GEBED vir VANDAG  J

Onse Vader ek wonder soms hoeveel keer het U al oor ons geween. U het waarlik alles probeer om ons te red ja, selfs U eie Seun gestuur om vir ons te kom sterf, maar die wêreld jaag voort en die onkruid groei saam met die koring. My Vader dankie dat U genade nog daar is en dat U wag vir die oes op die regte tyd, want ons sien bossies waar U koring sien. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter J. U wat harte lees, sien hulle raak vandag, en hoor die roepstem van hulle harte, daar waar niemand sien nie. In Jesus se Naam Amen.

Geseënde dag en week vir julle elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 16 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *