Oestyd 2

Blye Versekering vir 15 Okt. 2019 Tema: Oestyd 2

**** My eie woorde

****Die wonderlike deel oor oestyd is dat ons ook oes wanneer ons goed doen. Dit beteken nie ons moet goeddoen omdat ons iets terug ontvang nie, verseker nie. Wanneer mens Jesus Christus in jou lewe het, is dit ‘n spontane uitvloeisel uit jou hart om ander te wil help. Dit beteken ook nie dat jy nou geld moet gee nie, maar daar is baie maniere om aan ander goed te doen. Dalk het iemand net ‘n oor nodig om te luister. Moontlik iemand wat vra: “ bid vandag vir my” dat jy ‘n oomblik sal neem en bid vir daardie een.  Onthou wanneer ek en jy iets uit ons hart doen, sien God die motief raak en dit is wat tel

Gal 6:9 Laat ons dan nie moeg word om goed te doen nie, want as ons nie verslap nie, sal ons op die bestemde tyd ook die oes insamel.  V10 Solank ons die geleentheid het, moet ons dus aan almal goed doen, veral aan ons medegelowiges.

Luk.12:24  Kyk na die kraaie, want hulle saai nie en hulle maai nie; hulle het geen voorraadkamer of skuur nie, en tog voed God hulle. Hoeveel meer is julle nie werd as die voëls nie!

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader hel asb. vir my en elkeen wat hier lees om ander se nood raak te sien wat dikwels so ongemerk by ons verbygaan. Gee ons dan die krag en genade om binne U wil op te tree. Ek bid vanmôre vir elkeen onder die letter K op ons poslys. My Vader waar hulle dalk onseker is , versterk hulle geloof, waar daar pyn is skenk genade en lafenis, waar daar nood is hoor die uitroep van hulle harte. In die Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir julle elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 23 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *